BYLAE A: HUISREËLS EN VOORWAARDES ANNEXURE A: HOUSE RULES AND CONDITIONS
Hierdie huisreëls vorm ’n bindende deel van die huurooreenkoms. These house rules form a binding part of the lease agreement.
1. ALGEMEEN1. GENERAL
1.1 Die huurder onderneem om die perseel, meubels en fasiliteite met respek te hanteer.1.1 The tenant undertakes to treat the premises, furniture, and facilities with respect.
1.2 Die huurder erken dat die eienaar ’n rustige, ordelike en vreedsame leefwyse handhaaf, wat ten alle tye gerespekteer moet word.1.2 The tenant acknowledges that the owner maintains a quiet, orderly, and peaceful lifestyle, which must be respected at all times.
2. VOEDSEL EN KOMBUISGEBRUIK2. FOOD AND KITCHEN USE
2.1 Die huurder voorsien sy eie voedsel, drank en kruideniersware.2.1 The tenant provides their own food, drinks, and groceries.
2.2 Die huurder is self verantwoordelik vir die voorbereiding van sy etes.2.2 The tenant is responsible for preparing their own meals.
2.3 Die kombuis, stoof en oond is beskikbaar vir gebruik.2.3 The kitchen, stove, and oven are available for use.
2.4 Alle gebruikte skottelgoed moet onmiddellik gewas en weggepak word.2.4 All used dishes must be washed and packed away immediately.
2.5 Die huurder voorsien sy eie seep en skoonmaakmiddels.2.5 The tenant provides their own soap and cleaning products.
3. BADKAMER3. BATHROOM
3.1 Die gastebadkamer is tot die huurder se beskikking.3.1 The guest bathroom is at the tenant's disposal.
3.2 Die huurder is self verantwoordelik vir die gereelde skoonmaak en netheid daarvan.3.2 The tenant is responsible for its regular cleaning and neatness.
4. GASTE4. GUESTS
4.1 Gaste word slegs in die sitkamer en gaste-toilet toegelaat.4.1 Guests are only allowed in the lounge and guest toilet.
4.2 Geen gas mag die res van die woning betree nie.4.2 No guest may enter the rest of the house.
4.3 Geen gas word in die huurder se slaapkamer toegelaat nie.4.3 No guest is allowed in the tenant's bedroom.
4.4 Oorslaap van enige persoon, insluitend ’n vriendin, word streng verbied.4.4 Sleepovers by any person, including a girlfriend, are strictly prohibited.
5. WASGOED5. LAUNDRY
5.1 ’n Wasmasjien is beskikbaar.5.1 A washing machine is available.
5.2 Die huurder was sy eie klere en voorsien sy eie wasmiddels.5.2 The tenant washes their own clothes and provides their own detergent.
6. YSKAS / VRIESKAS6. FRIDGE / FREEZER
6.1 ’n Eie yskas of vrieskas mag in die stoepkamer geplaas word.6.1 A personal fridge or freezer may be placed in the patio room.
6.2 Die eienaar aanvaar geen aanspreeklikheid vir persoonlike items nie.6.2 The owner accepts no liability for personal items.
7. WIFI7. WIFI
7.1 WiFi is beskikbaar.7.1 WiFi is available.
7.2 Enige onwettige internetaktiwiteit is streng verbode.7.2 Any illegal internet activity is strictly prohibited.
8. PARKERING EN SEKURITEIT8. PARKING AND SECURITY
8.1 Parkering geskied agter ’n veiligheidshek.8.1 Parking is behind a security gate.
8.2 Die perseel is met sekuriteitskameras en ’n alarmstelsel toegerus.8.2 The premises are equipped with security cameras and an alarm system.
8.3 Die huurder stem in tot hierdie sekuriteitsmaatreëls.8.3 The tenant consents to these security measures.
9. TROETELDIERE9. PETS
Geen troeteldiere word toegelaat nie.No pets are allowed.
10. WATER EN ELEKTRISITEIT10. WATER AND ELECTRICITY
Water en elektrisiteit moet spaarsamig en verantwoordelik gebruik word. Oormatige of nalatige gebruik kan aanleiding gee tot hersiening van die ooreenkoms.Water and electricity must be used sparingly and responsibly. Excessive or negligent use may lead to a review of the agreement.
11. MEUBILERING11. FURNISHING
Die huurder mag sy eie bed voorsien indien verkies.The tenant may provide their own bed if preferred.
12. STILTE EN RUS12. SILENCE AND REST
12.1 Stilte-ure is van 21:00 saans tot 07:00 soggens.12.1 Quiet hours are from 21:00 to 07:00.
12.2 Geen harde musiek, geraas, luidrugtige gesprekke of enige versteuring van rus word gedurende hierdie tye toegelaat nie.12.2 No loud music, noise, loud conversations, or any disturbance of peace is allowed during these times.
12.3 Die eienaar se behoefte aan rus en privaatheid moet te alle tye gerespekteer word.12.3 The owner's need for rest and privacy must be respected at all times.
13. DEPOSITO13. DEPOSIT
13.1 ’n Deposito soos bepaal in die huurooreenkoms is betaalbaar voor intrek.13.1 A deposit as specified in the lease agreement is payable before moving in.
13.2 Die deposito dien as sekuriteit vir enige skade, onbetaalde huur of verbreking van huisreëls.13.2 The deposit serves as security for any damages, unpaid rent, or breach of house rules.
13.3 Terugbetaling van die deposito geskied volgens die bepalings van die hoofhuurooreenkoms.13.3 Refund of the deposit is done according to the terms of the main lease agreement.
14. KANSELLASIE EN OORTREDING14. CANCELLATION AND VIOLATION
14.1 Enige ernstige of herhaalde oortreding van hierdie huisreëls kan lei tot onmiddellike skriftelike kennisgewing van beëindiging van die huurooreenkoms.14.1 Any serious or repeated violation of these house rules may lead to immediate written notice of termination of the lease agreement.
14.2 Die eienaar behou die reg voor om die huurooreenkoms te beëindig indien die huurder:14.2 The owner reserves the right to terminate the lease agreement if the tenant:
- Die rus van die huishouding versteur;Disturbs the peace of the household;
- Vals inligting verskaf het;Provided false information;
- Onwettige aktiwiteite op die perseel bedryf;Conducts illegal activities on the premises;
- Of enige bepaling van hierdie huisreëls ignoreer.Or ignores any provision of these house rules.